gkheidelberglogo

Wetenswaadighede/Opkomende Geleenthede FacebookIcon

Ons probeer om die beplande sosiale aktiwiteite by die kerk en in ons gemeente in die nabye toekoms hier weer te gee. Moenie skrik as hier niks is nie - dit beteken ons het nie 'n mooi storie ontvang om bekend te maak nie - gaan kyk gerus op ons Jaarbeplanning skakel elders op die blad vir besonderhede van gebeure in ons dagboek. Gaan kyk gerus ook op ons Facebook bladsy by http://www.facebook.com/gkheidelberg/events 
 
Bydraes met fotos sal verwelkom word van enigeen by nuus@gkheidelberg.co.za.

Slagdag – 21 Oktober 2017

Op Saterdag 21 Oktober 2017 het van die gemeentelede by Dalmar konstruksie, naby Brakpan vleis gaan verwerk en daar is onder andere sosaties, salami, patties, wors en maalvleis gemaak. Die verwerkte vleis is by die boeremark verkoop en gebruik vir die ontbyt wat ook by die boeremark voorgesit is.

IMG-20171021-WA0006
IMG-20171021-WA0004
IMG-20171028-WA0003
IMG-20171021-WA0008
IMG-20171021-WA0003
IMG-20171021-WA0005