gkheidelberglogo

Museum

Museum – Gereformeerde Kerk Heidelberg

Gedurende die 125-jaar feesvieringe van die gemeente in 2015 is 'n museum ingerig in een van die vertrekke van die Katkisasie huisie op die kerkterrein. In die museum word waardevolle items uit die geskiedenis van die gemeente bewaar.

Van die waardevolste items in die museum is: Ou Nagmaal servies, troffel waarmee die hoeksteen van die ou kerk op 26 April 1890 gelê is, die Hollandse Kanselbybel gedruk in 1899 en Kansel Psalm- en Formuliereboek, een van die eerste gloeilampe wat in 1915 in die ou kerk aangebring is nadat elektrisiteit in die ou kerk en pastorie geïinstalleer is en skinkbord wat aan ds L.J. Buys oorhandig is met sy 25 jarige Amps-Jubileum op 28 Maart 1974.

Die gedenkboeke wat uitgegee is tydens die 75-jaar-, 90-jaar- en 100-jaar-feesvieringe asook die 125-jaar-feesvieringe is ook daar te sien. Dan is daar ook die ou drukpers met die stensils van onder andere die foto’s wat in die driekwart-eeufees gedenkboek verskyn.

As die museum besoek en besigtig wil word kan reëlings getref word met Magda Janse van Vuuren (Selfoon no 083-360-6784) of Joan Coetsee (Selfoon no 083-599-4920).

10_IMG_1067
17_IMG_0790
16_IMG_1078
5_IMG_1086
4_IMG_1031
2_IMG_1026
14_IMG_1076
13_IMG_1050
3_IMG_1042
8_IMG_1053
15_IMG_1075
6_IMG_1043
7_IMG_1047
9_IMG_1056
12_IMG_1049
1_IMG_1029
11_IMG_1048