gkheidelberglogo

Gebeure FacebookIcon

Kliek op die storie naam hier onder om meer te sien. Om fotos in die stories te besigtig, kliek op 'n fototjie en 'n groter weergawe sal oopmaak.
 
Bydraes met fotos sal verwelkom word van enigeen by nuus@gkheidelberg.co.za.

Slagdag 20 Oktober 2018

Die slagdag was weer ʼn reuse sukses. Die manne en vroue het sommer vroeg vroeg ingespring en het reeds half sewe uit Heidelberg vertrek. Almal het fluks ingespring en onder die leiding van Francois en ons baie bekwame blokman Hennie en sy span is ons 275 kg Graad A bees vinnig verwerk tot heerlike sosaties, maalvleis en wors. Die gehalte is weereens onverbeterlik.

Daar is natuurlik ook lekker gekuier en gebraai tussen al die harde werk deur en almal se positiwiteit was aansteeklik.

Ons hartlike dank al die gewillige slagters (kyk maar na die fotos van die ysters) vir hulle harde werk, en in besonder Francois wat die geleentheid reël en Andries, Coenrad, Hannelie en Hennie wat hulle fasiliteite en mense beskikbaar stel en aan Charles wat elke keer noukeurig ʼn mooi bees uitkies en aflewer. Sonder sulke diensbare lidmate sal dit nie moontlik wees nie.

Die vleis sal aangewend word vir die heerlike boeremark ontbyt en sal natuurlik ook te koop wees.

Dit is aksies soos hierdie wat die gemeenskap van gelowiges bou. Ons kan nie wag vir volgende keer nie.

Slagdag 20 Oktober 2018 (2)
Slagdag 20 Oktober 2018 (6)
Slagdag 20 Oktober 2018 (3)
Slagdag 20 Oktober 2018 (7)
Slagdag 20 Oktober 2018 (5)