gkheidelberglogo

Gebeure FacebookIcon

Kliek op die storie naam hier onder om meer te sien. Om fotos in die stories te besigtig, kliek op 'n fototjie en 'n groter weergawe sal oopmaak.
 
Bydraes met fotos sal verwelkom word van enigeen by nuus@gkheidelberg.co.za.

“VET PRET” KLIPDRAAI KERKKAMP – 14-16 SEPTEMBER 2018

Vrydagmiddag na werk is meeste van ons spoedig oppad gewees na die Klipdraai karavaanpark in Meyerton. Daar aangekom was daar reeds ‘n paar van ons lidmate reg vir aksie met hul tente en waentjies opgeslaan – die opwinding was net te groot.
Ons het die kamp afgeskop met ‘n lekker ysbreker gelei deur Charl – elkeen moes hulself voorstel en sy/haar spirit animal beskryf waarna ons die diere so gou moontlik namekaar moes sê al in die rondte! Mens sou nooit kon raai dat kameelperde, visse en honde ook saam op die kamp was nie… Groot braaivleisvure het vir ons vleisies gewag en daarby kon ons smul aan Petro se beroemde pap en sous. Geen kampaand is volmaak sonder ‘n lied of twee nie – Elmarie het ons begelei met haar elektroniese klavier en bundel musiek rondom die kampvuur. Wat maak oom Kallie daar? Wat maak oom Kallie daar?...
Almal was lekker lui Saterdagoggend na ‘n koue nag in die kampeerterrein, maar nie te lank daarna het van die manne weggespring met die voorbereidings vir ons laat-middag brunch terwyl die ander manne agter die klein “tv-kassie” gesit en rugby kyk het. Groot was die gejuig toe die Springbokke die wedstryd wen!
Prof. Jorrie Jordaan het ons toegespreek oor sout van die aarde wees in die lapa by die swembad – saam kon ons lekker na die tyd daaroor gesels en het selfs bybelstudie materiaal gekry om huis toe te neem.
Net mooi toe almal soos wilde diere hygend in die skaduwee sit en afkoel van die hitte, het Esmari en Clemens ons kom besig hou met boersesport. Van rosyntjies spoeg en eier gooi tot dodgeball en drie-been resies: almal het lekker saam gelag en gespeel. Selfs die kinders het hul beurt gehad en hul goed van hul taak gekwyt. En daarmee saam is die hitte sommer vergete! Nee, moenie die rosyntjies op die grond in jou mond druk nie!!
Met ‘n warm kampvuur, stokbrood, en aartappel-en-mengelslaai het ons die aand gesellig weer om die vuur spandeer. Elmarie het haar trekklavier uitgehaal en ons het saam haar die musiekbundel vir ‘n tweede keer deurgewerk – hierdie keer met meer bravade. Daar is darem maar niks soos ‘n warm vuur om ‘n mense bymekaar te bring nie.
Ons kon die kerkkamp afsluit met ‘n erediens gelei deur Prof. Jordaan waarna ons lekker bederf is met koekies en tee. Wat ‘n uitstekende kamp was dit nie gewees nie!
Baie dankie aan elkeen wat saam gereel het en ook saam gekuier het – volgende jaar doen ons dit weer!
Moet dit nie misloop nie…
33. Kinders braai stokbrood
32. Kuier
31. Charl pak hout
30. Dames maak slaai
29. Dodgeball
28. Dodgeball
27. Kuier
26. Kuier
25. Kinders speel saam
24. Danie vang 'n eier
22. Elmarie vang 'n eier
21. Albert vang 'n eier
20. Toeskouers
19. ROsyne spoeg
18. Rosyne spoeg
17. Rosyne spoeg
16. Rosyne spoeg
15. Rosyne spoeg
14. Rosyne spoeg
13. Die dames kuier aan die ander kant
12. Die manne kuier eenkant
11. Prof Jordaan spreek ons toe
10. Geselsies
9. Die manne werk hard
8. Charles help ook met ontbyt
7. Casper braai spek
6. Lui lekker Saterdagoggend
5. Kyk hoe lekker kuier ons
4. Jong manne wil gaan visvang
3. Beskuit Saterdagoggend
1. aankoms en kampterrein
2. Charl behartig die ysbreker