gkheidelberglogo

Gebeure FacebookIcon

Kliek op die storie naam hier onder om meer te sien. Om fotos in die stories te besigtig, kliek op 'n fototjie en 'n groter weergawe sal oopmaak.
 
Bydraes met fotos sal verwelkom word van enigeen by nuus@gkheidelberg.co.za.
Gemeente Ete - 26 Augustus 2018          
 
Op ‘n koue en winderige Sondagoggend het ons gemeente weer die geleentheid gehad om na die nagmaal erediens saam gemeente ete te geniet. Na die diens het almal geskarrel om hul eetgerei bymekaar te maak en ‘n lekker plekkie in te rig waar hul saam kon kuier en eet. Die saal was volgepak en ‘n paar lidmate het selfs die Augustuswinde aangedurf buite die saal!
 
Oudl. Charl du Plessis het vir ons ‘n tafelgebed en bedankings gedoen voordat die gemeente kon wegval. Die susters het behoorlik uitgehaal en gewys met ‘n heerlike spyskaart: varknek met ‘n pynappel sousie, aartappelgereg, slaaie en broodjies. Daarby het hulle ons bederf met nageregte van sjokolade-en-malvapoeding met vla, roomys en sjokoladesous.
 
Dit was weer ‘n baie gesellige gemeente ete waar ons mekaar beter kon leer ken en saam as gemeenskap van gelowiges kon eet. Ons bedank graag die susters onder leiding van Marietjie Marais vir die reëlings vir die ete.
Ete6
Ete1
Ete10
Ete7
Ete11
Ete9
Ete5
ete3
Ete8
Ete2
Ete4