gkheidelberglogo

Gebeure FacebookIcon

Kliek op die storie naam hier onder om meer te sien. Om fotos in die stories te besigtig, kliek op 'n fototjie en 'n groter weergawe sal oopmaak.
 
Bydraes met fotos sal verwelkom word van enigeen by nuus@gkheidelberg.co.za.

Gemeente ete – 27 Mei 2018

Na die Nagmaal erediens op Sondag 27 Mei 2018 is ‘n heerlike middagete voorgesit aan die gemeente. Tafels is in die saal gedek, aangesien dit ‘n koel wintersoggend was.

Op die spyskaart was: Bobotie, rys, blomkool met kaassous en pampoenrol. Daar was ook verskeie poedings voorgesit vir nagereg.

Die reëlings vir die ete is onder leiding van Elmarie Coetzee gedoen en haar helpers was Fillie Snyman en Janet Cronje.

Weereens was dit ‘n heerlike kuier geleentheid waar gelowiges saam kon kom en ons sê baie dankie aan Elmarie en haar span vir die puik reëlings.