gkheidelberglogo

Gebeure FacebookIcon

Kliek op die storie naam hier onder om meer te sien. Om fotos in die stories te besigtig, kliek op 'n fototjie en 'n groter weergawe sal oopmaak.
 
Bydraes met fotos sal verwelkom word van enigeen by nuus@gkheidelberg.co.za.

Interkerklike Skakeling 21 Maart 2018

'n Suksesvolle en opbouende skakeling geleentheid het op Woensdag 21 Maart in die Gereformeerde Kerk Heidelberg se kerksaal plaasgevind. Lidmate, ouderlinge en die predikant, Ds. Abel Modise, van die Gereformeerde Kerk Ratanda het by ons kom besoek aflê en saam het ons lekker hartlik saam gesing, gesels en saam geëet. 

As gelowiges en kinders van die Here het ons as broeders en susters meer geleer oor mekaar se kultuur, gebruike en gewoontes. Ons het ook besef dat ons gemeenskaplike geloof in die Here Jesus Christus die grootste saambindende faktor tussen ons is. Verskeie mense het opgemerk dat ons regtig meer oor mekaar behoort te weet, en regtig in liefde en samehorigheid die Here moet loof te midde van die verskille tussen mense.

Na opening met gebed en mooi woorde oor die geskiedenis van die twee gemeentes deur Ds. Faan Smit van GK Heidelberg, het ons saam Psalms en geestelike liedere gesing uit die verskillende kerke. Ons het beurte gemaak om 'n lied of Psalm voor te stel, en met die vaardige begeleiding van Faan Smit (Jr) op sy viool en sommige lidmate wat tyd gehou het d.m.v. hulle psalmboeke, is die Here geloof. Waar taal bietjie in die pad gekom het, is Engels ingespan, of die persone wat nie kon volg nie, het eenvoudig die musiek en die klanke ingeneem. Soos Ds. Abel Modise van GK Ratanda opgemerk het: Jy hoef nie die taal te verstaan om steeds te weet dat God verheerlik word deur 'n lied nie. Ware woorde!

Nadat die sang afgesluit is, het ons heerlik saam gesmul aan die peuselhappies (en nie-so-peusel-happies) wat voorgesit was, en lekker gesels as kinders van die Here.

Wat 'n wonderlike geleentheid om met ons broers en susters van ander kulture saam te kuier op 'n informele basis. Ons hoop en bid dat die volgende geleentheid (by die GK Ratanda se kerk in Ratanda, net so suksesvol sal wees, en dat hierdie geleentheid sal groei tot uitbouing van die Kerk van die Here.

Kliek op die skakels hier om bietjie te hoor hoe dit geklink het .....IMG 20180321 WA0014  IMG 20180321 WA0016   IMG 20180321 WA0018  IMG 20180321 WA0014  IMG 20180321 WA0014

20180321_162427
20180321_162419
IMG-20180321-WA0013
20180321_162434
IMG-20180321-WA0014
20180321_153126
IMG-20180321-WA0024
20180321_153148
IMG-20180321-WA0016
20180321_162452
20180321_162356
IMG-20180321-WA0018
IMG-20180321-WA0015
20180321_153130
IMG-20180321-WA0021
IMG-20180321-WA0022
20180321_162445
IMG-20180321-WA0017
20180321_162406
IMG-20180321-WA0035
20180321_153141
20180321_153133
IMG-20180321-WA0023
IMG-20180321-WA0012