Silwer Oues Ete – 25 Oktober 2017
Woensdag, 25 Oktober het die lidmate van die gemeente wat 70 jaar en ouer is hul jaarlikse ete gehad op die
plaas van Kelly en Kobie Deysel.
Die Deysel gesin het hul huis beskikbaar gestel vir die geleentheid en ‘n heerlike middagete voor gesit.
Daar is heerlik saam gekuier en dit was weereens ‘n baie lekker geleentheid waar gelowiges met mekaar kon
verkeer.