gkheidelberglogo

Gebeure FacebookIcon

Kliek op die storie naam hier onder om meer te sien. Om fotos in die stories te besigtig, kliek op 'n fototjie en 'n groter weergawe sal oopmaak.
 
Bydraes met fotos sal verwelkom word van enigeen by nuus@gkheidelberg.co.za.

Simfonia Juventi 2017

Op Saterdag 6 Mei 2017 het die Simfonia Juventi simfonie orkes ‘n uitvoering gehad in die saal van Hoër Volkskool, Heidelberg. Dit is gereël as fondsinsameling ten bate van die Koningskinders, die gemeente se sending- en evangelisasie projek.

Voor die uitvoering is ‘n kaas en wyn ete geniet. Dit was ‘n heerlike herfsaand en almal het saamgekuier rondom die heerlike kos en wyn wat voorgesit is.

Die orkes bestaan uit skoolgaande leerders wat gekies word na oudisies uit die onderskeie streke van die land. Die beste jeugmusikant in elke instrument word dan gekies. Hulle oefen daarna saam vir ‘n paar weke onder leiding van Dr Fanie Jooste (voormalige Departementshoof, Musiek, aan die Puk) en bied daarna net 3 optredes aan. Vanjaar se orkes bestaan uit 92 lede.

Ons was bevoorreg om die eerste van hierdie optredes te kon bywoon. Wat ‘n belewenis was dit nie om te kon luister na hierdie jongmense se talent.

Die volgende is deur die orkes uitgevoer:

Prelude uit Peer Gynt
Suite; Allegro uit Konsert in Eb vir trompet en strykers; Jesu, Joy of Man’s Desiring; Finale: Allegro energico uit Vioolkonsert no 1 in G-mineur, Op.26; Prelude tot die Eerste Bedryf uit La Traviata; An der schönen blauen Donau; Künstler-Quadrille; Neuriekoor uit Madame Butterfly; Waltz uit Swanemeer; Satchmo! (‘n huldeblyk aan Louis Armstrong); The Gliding Girl; Come Back to Sorrento; Danny Boy; Pirates of the Caribbean.

Ons dank die Here vir al die seëninge wat die gemeente ontvang het met die reël van hierdie funksie en dat alles so mooi en goed afgeloop het. Baie het gevra of hierdie nou 'n jaarlikse instelling gaan word.

IMG_3653
IMG_3629
IMG_3616
IMG_3645
IMG_3527
IMG_3624
IMG_3638
IMG_3537
IMG_3626
IMG_3543
IMG_3529
IMG_3649
IMG_3603
IMG_3605
IMG_3534
IMG_3541
IMG_3639
IMG_3555
IMG_3656
IMG_3538
IMG_3614
IMG_3607
IMG_3617
IMG_3570
IMG_3586
IMG_3660
IMG_3609
IMG_3553
IMG_3621
IMG_3601
IMG_3559
IMG_3623
IMG_3640
IMG_3654
IMG_3630
IMG_3620
IMG_3560