gkheidelberglogo

Gebeure FacebookIcon

Kliek op die storie naam hier onder om meer te sien. Om fotos in die stories te besigtig, kliek op 'n fototjie en 'n groter weergawe sal oopmaak.
 
Bydraes met fotos sal verwelkom word van enigeen by nuus@gkheidelberg.co.za.

Ds Faan Smit – 20 jaar in die bediening – 12 Maart 2017

Na die erediens op 12 Maart 2017 is gelukwensing aan ds Faan oorgedra met die viering van sy 20 jaar in die bediening.

Ds Faan is in Januarie 1997 bevestig deur ds Wouter de Vos in sy eerste gemeente, Parys. Hy het die gemeente bedien tot 1999, waarna hy ‘n beroep aanvaar het na die gemeente Pretoria Oos-Moot. Daar was hy predikant tot 2007. Hy is toe beroep na Pietersburg-Noord en was daar predikant vanaf 2008 tot 2013.   Op 19 Januarie 2013 is hy hier in ons gemeente bevestig as predikant deur dr Jan Visser.

Br Charl du Plessis het ‘n oorkonde aan Ds Faan oorhandig en daar is ook briewe van gelukwensing van sy drie vorige gemeentes voorgelees.

Ds Faan en Magda se kinders, Mandie, Hendrikus, Liza en Faan, het Ps 20 as seënbede hom toegesing.

Ons is baie dankbaar vir ds Faan en Magda se werk wat hulle in ons gemeente doen en bid hulle die seën van die Here toe op hulle werk in ons gemeente.

IMG_2404
IMG_2396
IMG_2413
IMG_2403
IMG_2395
IMG_2414
IMG_2409
IMG_2399