gkheidelberglogo

Gebeure FacebookIcon

Kliek op die storie naam hier onder om meer te sien. Om fotos in die stories te besigtig, kliek op 'n fototjie en 'n groter weergawe sal oopmaak.
 
Bydraes met fotos sal verwelkom word van enigeen by nuus@gkheidelberg.co.za.

Boeremark gehou op 25 Februarie 2017

Die eerste boeremark van die jaar is gehou op Saterdag 25 Februarie 2017 op die kerkterrein. Van vroegoggend is daar
geskarrel om die stalletjies gereed te kry en van so 8 uur die oggend het besoekers en voornemende kopers begin opdaag.

Daar was onder andere stalletjies soos die negosiewinkel, vars groente en vrugte, tuisgebak, handwerk, konfyt, boerseep, gemmerbier en hamburger ‘patties’. Dan is die gemaalde vleis, wors, sosaties en salami ook verkoop wat die vorige Saterdag, 11 Februarie gemaak is deur van die gemeentelede.

Eetgoed was daar ook volop om van te kies – van pap en kaiings, vetkoek en maalvleis, pannekoek, roomys, lekkergoed en koeldrank.

In die saal kon jy ‘n koppie koffie of tee bestel met ‘n pannekoek met ‘n heerlike soet of sout vulsel en net lekker by ‘n tafel kuier saam met jou mede-gelowiges. Die kinders kon van hul oortollige energie ontslae raak op die sprinkasteel.

Dit was ‘n heerlike kuier geleentheid en ons sien uit na die volgende boeremark wat DV weer aangebied gaan word.

IMG_2378
IMG-20170225-WA0013
IMG_2355
IMG_2347
IMG_2352
IMG_2375
IMG_2368
IMG_2350
IMG_2370
IMG_2385
IMG_2380
BoeremarkGrafieka
IMG_2383
IMG_2354
IMG_2364
IMG-20170225-WA0009
IMG_2361
IMG_2360
IMG-20170225-WA0007
IMG_2346
IMG-20170225-WA0012
IMG_2345
IMG_2374
IMG_2348
IMG_2384
IMG_2365
IMG-20170225-WA0015
IMG_2381
IMG_2382
IMG_2379
IMG_2358
IMG-20170225-WA0006
IMG_2363
IMG_2372
IMG_2356
IMG_2362
IMG_2376
IMG_2351
IMG_2349
IMG-20170225-WA0010
IMG_2359
IMG-20170225-WA0014
IMG-20170225-WA0011
IMG_2353