gkheidelberglogo

Gebeure FacebookIcon

Kliek op die storie naam hier onder om meer te sien. Om fotos in die stories te besigtig, kliek op 'n fototjie en 'n groter weergawe sal oopmaak.
 
Bydraes met fotos sal verwelkom word van enigeen by nuus@gkheidelberg.co.za.

Kersprogram en Gemeente ete – 20 November 2015

Op Sondag 20 November 2015 is daar ‘n Kersprogram na die erediens aangebied onder leiding van Sarita Sprong.

Na die Kersprogram het die gemeentelede heerlik onder die bome saamgekuier en gesmul aan ‘n ete wat die susters onder leiding van Magda Smit voorberei het.

Die volgende nuwe intrekkers is ook verwelkom in die midde van die gemeente:
Sarel Ackerman, James en Elize Buys, Betsie du Plessis en Fillie Snyman.

Soos gewoonlik was dit ‘n baie aangename dag waar gelowiges met mekaar kon verkeer en mekaar beter kon leer ken.